INWONERS TEEN MISDAAD / RESIDENTS AGAINST CRIME

BELANGRIKE INLIGTING EN OPROEP TOT DEELNAME

Agtergrond

Op ‘n vergadering van verteenwoordigers van verskeie woonbuurte in Pretoria gehou op 1 September 2010 is besluit om oor te gaan tot die formele stigting van die Inwoners teen Misdaad as ‘n volwaardige Artikel 21 maatskappy met ‘n eie bankrekening. 7 Lede is aangewys om as die eerste direkteure op te tree, met lede alle straatsluitings- en ander veiligheidsinisiatiewe in Pretoria. Hierdie skrywe het ten doel om u voor te lig waar die inisiatief vandaan kom, wat dit poog om te bereik en u en u gemeenskap te versoek om daarby aan te sluit.

Geskiedenis

In 2005 het die Tshwane Metroraad 13 aansoeke om straatsluiting sonder behoorlike rede afgekeur. Die bestuur van hierdie gebiede het individueel begin skakel om vas te stel wat hieromtrent gedoen kon word en daar is uiteindelik ‘n skrywe van beswaar teen elke besluit ingedien waarop die Raad binne 60 dae moes antwoord. Die Raad het nie geantwoord nie. Intussen was daar ook gerugte dat die Raad van voorneme was om die geslote gebiede opdrag te gee om die veiligheids-strukture te laat verwyder, andersins sou die Raad dit doen en die koste van die inwoners verhaal.

 ‘n Massavergadering is op  13 Februarie 2007 byeengeroep en  verteenwoordigers van 25 voornemende of reeds geslote gebiede het dit bygewoon. Die bestuur van die Johannesburg Combined Chairpersons Committee (CCC) wat reeds op daardie stadium herhaalde suksesvolle hofsake teen die Johannesburg Raad gehaad het, het ‘n voorlegging gedoen oor hulle samestelling en werkwyse. Die vergadering het eenparig besluit  dat ‘n soortgelyke organisasie as die Johannesburgse CCC in Pretoria gestig moes word met die gevolg dat die ITM/ RAC daardie aand gestig is met die steun van 25 gebiede wat deur toegangsmonitering geraak is Die besonderhede van hierdie gebeure is volledig beskikbaar op die ITM se webblad:  www.residentsagainstcrime.co.za of by www.inwonersteenmisdaad.co.za

Bestuur

Die volgende ampte is goedgekeur  om die ITM te bestuur:

1.     Sameroeper

2.     Direkteur Bedryf

3.     Direkteur Finansies

4.     Direkteur Kommunikasies

5.     Direkteur Navorsing en Ontwikkeling

6.     Direkteur Administrasie

 Missie

 Die ITM het hom beywer  om doelbewus die kollektiewe vermoëns en invloed van alle wettige veiligheidsaksies te benut om ‘n stadsgebied te skep waar die misdaadsituasie in bedwang gehou kon word.

Doelstellings en doelwitte

1.         Om ‘n verteenwoordigende forum (die ITM) te wees wat deur gesprekvoering, onderhandeling en litigasie die grondwetlike beveiliging van alle inwoners bevorder:

Doelwit 1     :     Deur Lynwood Manor Estate by te staan met hulle geding in die Hooggeregshof.

Doelwit 2     :     Deur ander toepaslike aansoekers se appélsake by die Raad te help afhandel.

Doelwit 3     :     Deur ander ingediende aansoeke te bevorder.

Doelwit 4     :     Deur die skepping van ‘n platform vir die bevordering van alternatiewe veiligheidsmodelle.

2.         Om as ’n gesaghebbende liggaam bekend te wees wat die effektiwiteit van beveiligingsaksies kan bewys:

Doelwit 1     :     Deur die versameling van misdaadstatistiek en die daarstelling van ’n databasis.

Doelwit 2     :     Deur die opbou van brondokumente.

Doelwit 3     :     Deur navorsing oor veiligheidskwessies.

3.         Om die gesamentlike hulpbronne, vermoëns en invloed van lede effektief aan te wend om ’n bydrae te lewer tot beter veiligheid en lewensgehalte:

Doelwit 1     :     Deur ’n positiewe bydrae te lewer tot effektiewe sektor polisiering.

Doelwit 2     :     Deur die koordinering van veiligheidspogings.

Doelwit 3     :     Deur die gebruik van die ITM se invloedsfeer by instellings om ledebelange te bevorder.

4.         Om deur effektiewe gebruikmaking van die media en kommunikasietegnologie inligting te publiseer aan belanghebbendes:

Doelwit 1     :     Deur die opstelling en instandhouding van ’n webwerf en e-pos adreslys.

Doelwit 2     :     Deur gereelde terugvoer ten opsigte van ITM bedrywighede.

Doelwit 3     :     Deur skakeling met die media.

Doelwit 4     :     Deur skakeling met ander veiligheidsinitiatiewe te bewerkstellig en te handhaaf.

5.         Om al die gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe in die groter Pretoria te oorreed om by die ITM te affilieer om sodoende die ITM se bedingingsmag en vermoëns uit te bou:

Doelwit 1     :     Deur nagenoeg 9000 huishoudings in die verskeie woongebiede te werf ten einde die aanvanklike kostes van die eerste hofsaak en bedryfsuitgawes te dek.

Doelwit 2     :     Deur gereelde bydraes te vorder ten einde volhoubaarheid te verseker.

Doelwit 3     :     Deur die daarstelling van ’n regspersoon met behoorlike bestuur en deursigtigheid.

Skakeling/Kommunikasie

Daar bestaan‘n Webblad: www.inwonersteenmisdaad.co.za waar alle vergaderingsnotules, Inligtingsbulletins, prosedures en ander inligting wat betrekking het op toegangsmonitering, gepubliseer is. Gedurende die aktiewe funksionering van die ITM was daar gemiddeld 250 besoeke per maand aan die webwerf. Die doel is om dit weer aktief te bedryf.

Projekte

Die ITM het opgetree as koördinerende liggaam en forum vir geslote gebiede om hulle van advies te bedien  en om leiding te verskaf waar daar probleme was. Omrede al hierdie optredes koste implikasies het, is bydraes  verkry van deelnemende woongebiede . Op die wyse is die volgende projekte  uiteindelik  suksesvol deurgevoer:

1.     Die 13 gebiede wie se aansoeke afgekeur is, se appelle is uiteindelik goedgekeur en die meeste het straatsluiting gedoen of sit dit steeds voort.

2.     In die Lynwood Manor Estate woongebied waar ‘n dringende hofaansoek om sluiting gedoen is, is daar ‘n  finansiële bydrae van R60,000.00 tot regskoste gemaak.

3.     Die opdrag deur die Tshwane Raad dat sekere geslote gebied hulle toegangsbeheer maatreëls moes verwyder, is deur gekoördineerde optrede ter syde gestel. Weereens het gebiede finansieël bygedra en is spesialisadvies verleen.

4.     Heelwat geslote gebiede of voornemende gebiede  het advies van die ITM verkry.

Besluit om Art 21 Maatskappy te stig

Die ITM is nou formeel gestig met 7 direkteure en al die bestaande sowel as aspirante veiligheidsdorpe as lede. Daar is tans minstens 56 goedgekeurde dorpe in operasie, met ‘n verdere 71 wat wag op goedkeuring deur die Raad. Die bestuur het besluit om dadelik te vestig en het Streetsafe (Edms) Bpk aangestel om die formaliteite tov stigting af te handel, om ‘n bankrekening vir die organisasie te open, die administrasie daarvan te doen en om ‘n debietorder stelsel met boekhouding daar te stel.

Koste van Deelname

Nuwe woonbuurte word versoek om eenmalig die volgende bydrae aan die ITM te maak:

Kleiner areas met onder 20 lede – R 1000-00

Areas met tussen 21 en 50 huise – R 3500-00

Groter areas met meer as 51 huise – R 5000-00

Verder word elke area versoek om die meegaande debietorder te voltooi ten bedrae van ‘n bedrag van R 5-00 per maand per betalende lid om die oganisasie se doelwitte te realiseer.

Voordele van ITM Lidmaatskap

  1. Die doelwitte van die ITM kan uitgevoer word.
  2. Daar bestaan ‘n bestuur struktuur wat dadelik kan strategeer en vir die hele groep opsies en aksies kan beplan.
  3. Hulp aan bestaande – en toekomstige dorpe om wettig beveilig te kan word.
  4. Hulp aan almal mbt die korrekte stappe en prosesse.
  5. Gereelde terugvoer aan lede tov besluite wat hul beinvloed vanuit die Raad.
  6. Die organisering van kollektiewe bedinging.
  7. Misdaad rapporering namens lede en byhou van misdaad statistieke.
  8. Skakeling met die Raad.
  9. Kontinuiteit vir Straatsluitings in Pretoria.
  10. Hulp aan dorpe tov die pligte en verantwoordelikhede van besture.
  11. Byhou van ‘n databasis van aansoeke en vervaldatums om lede by te staan.
  12. Beter bedingingsmag as verenigde front tov alle dienste.
  13. Daarstel van ‘n poel van gedeelde kennis.
  14. Kollektiewe optrede igv bedreiging van ons voorbestaan en welsyn.

Tydsraam

Die bedoeling is om die maandelikse bydraes af te skop dmv ‘n debietorderstelsel op 1 November 2010. Die eenmalige bydraes word benodig op om veral te help met die befondsing van die voorgenome Hooggeregshofsaak teen die oordrewe aansoek/heraansoek  fooie en die talryke onrealistiese vereistes van die Raad.

Begroting

Die ITM beraam die koste van die Hooggeregshofsaak op R 200 000-00 en die bedryfskoste op R 5000-00 per maand. Al die ekstra ge-inde fondse sal vir projekte geoormerk word.

Hoe kan u deelneem?

Bydraes kan dadelik gemaak word in die ITM se rekening by Streetsafe Trust Account (ITM/RAC) ABSA branch 632005, Account No 4051111111

U bydrae maak dit moontlik om al die doelstellings op volgehoue basis te realiseer.

Met dank,

Ray Lambrecht (GSP) Alan Mengel (Eldo 3 Manor) Kathy Fitzhenry (Constantia Glen Security Village) Hennie Venter (Lynnwood Manor Village) Andre le Roux (Eldo 3 Manor) John Home (Victoria Close) Jan Malan (Streetsafe – Administrateur)