Garsfontein Nuusbrief Januarie 2011
Geagte Inwoner,
Ons vertrou u het almal ‘n wonderlike Kerstyd gehad en heelwat tyd met die familie spandeer.
Met die nuwe jaar wat voorlê, het dit ook tyd geword om sommige van die besluite wat tydens die AJV geneem was, te implimenteer. 2010 was ‘n uitdagende jaar met hofaansoeke teen die Stadsraad, ens. Hierdie nuusbrief is ‘n poging om ons inwoners in kennis te stel wat dit gaan verg om ons sekuriteitsarea instand te hou en te bewaar.
Opsomming van GSP se totstandkoming 2002
· In 2002 was die misdaadvlakke onaanvaarbaar hoog in die woongebied.
· Daar was inbrake by dertig persent van die wonings binne ‘n 2 jaar periode in die woongebied.
· As ‘n gemeenskap het ons besluit om ‘n bekostigbare sekuriteitsarea te vestig.
· Dit was ‘n keerpunt vir die gemeenskap wat begin saamwerk het om die woongebied veiliger vir almal te maak.
· Ons was uiters bevoorreg om die laaste woongebied te wees, voordat ‘n moratorium op die sluiting van woonareas ingestel is.
· Aanvanklik het elke lid ‘n aansluitingsfooi van R2 000 betaal plus ‘n R135 per maand. Dit het die verkeersimpakstudie van R25 000, die aanvanklike Stadsraad registrasiesfooi van R5 750, die oprigting van waghuise teen R52 000 en ‘n 800 meter palisade heining teen ‘n koste van R180 000 befonds.
· Ons aanvanklike sekuriteitsfooi aan Coin Security was R12 675 per maand.
· Op daardie stadium was ons lidmaatskap 80%.
· Na ‘n periode van twee jaar het ons die aansluitingsfooi van R2 000 afgeskaf en nuwe inwoners was versoek om slegs die maandelikse fooi van R175 te betaal.
Suksesse
Dit is agt jaar later en GSP het heelwat vermag in die periode. Ons het nou:
· 24 uur patrolliediens,
· 24 uur noodnommer,
· Elektriese palisade,
· Sekuriteitskameras,
· Golfkarre wat help met patrolliediens,
· Pragtige sypaadjie in Adelastraat met bome wat aangeplant is,
· Ons eie kantoor in Adelastraat,
· Makliker toegang met behulp van die sirkel in Jacqueline Rylaan,
· Oor die afgelope agtjaar het misdaad dramaties afgeem met die uitsodering van ‘n paar noemenswaardige insidente. Die langste misdaadvrye periode was 442 dae.
Ons poog om die gemeenskap saam te snoer met behulp van pretdae, ingelig te hou met behulp van nuusbriewe en SMS boodskappe. Die belangrikste is dat ons daarin geslaag het om bekostigbare sekuriteit daar te stel. In die laaste 8 jaar het ons fooie met net R85 rand per maand aangepas.
Huidige uitdagings
Die uitdagings wat ons as GSP moet aanspreek bly egter eskalleer. Ons kan nie die uitdagings alleen aanpak nie en ons het dit nodig geag om saam met Residents Against Crime (RAC), wat 52 ander areas in Pretoria verenig, te werk en so ‘n gesamentlike front teen die Tshwane Metro te vorm. Die rede hiervoor is dat die heraansoekfooie gestyg het tot R62 000 en die hofaansoekfooie tans R100 000 beloop. Die aanhoudende hofgedinge met die Tswane Metro en dreigemente om alle geslote areas te verwyder lei tot verhoogde kostes. Syfers soos die kan slegs aangespreek word indien ons saamstaan en ‘n bydrae aan RAC maak wat al die sekuriteitsareas verteenwoordig.
Bo en behalwe dit, het ons onderhoudskoste en sekuriteitskoste deurlopend gestyg en beloop tans R45 000 per maand.
Tans is ons lidmaatskap op 82% en dit is uiters belangrik dat ons dit verder verhoog. Indien ons 100% lidmaatskap kan behaal sal dit ons inkomste met R12 000 per maand verhoog, wat ons instaat sal stel om die sekuriteit met uitnemendheid te verbeter tot voordeel van almal. Hoe minder lede in die gemeenskap bydra hoe groter is die finansiële druk op ons betalende lede.
Ons moet GSP se prestasie en dienslewering verreken. Met uitstekende bestuur het ons daarin geslaag om ons sekuriteit toenemend te verbeter en steeds die goedkoopste sekuriteitsarea in die Pretoria streek te wees. Dit was hoofsaaklik bereik deur prioritisering van projekte en streng bestuur van die uitgawes. Die voordeel van ‘n sekuriteitsarea strek baie wyer as die ooglopende. Inwoners kan aanspraak maak op ‘n verlaging in versekeringspremies wat dikwels die maandelikse heffing ondervang. Eiendomwaardes het ook gestyg en GSP word gesien as ‘n veilige en vriendelike woongebied, ‘n uiters gesogte area om in te bly.
Ons het direkteure wat toegewyd is om veiligheid te bevorder in die woongebied. Hulle stel ure van hulle tyd per maand, gratis beskikbaar sodat almal in veiligheid kan leef.
Eerlike Herbesinning
Alle nie-lede word daarop gewys dat hulle deel in al die voordele wat GSP bied. U word vriendelik dog dringend versoek om ‘n realistiese waarde te plaas op die sekuriteit wat u tans gratis geniet en dit ernstig te oorweeg om ook deel te word as ‘n betalende lid van die gemeenskap.
Vergelyk appels met appels. Vergelyk u water en ligte rekening van 2002 met u huidige rekening. In 2002 was daar geen sprake van kragonderbrekings nie, maar ten spyte van Eskom se beperkings moes u die rekening betaal anders word die diens beëindig. Vergelyk nou GSP se minimale fooi sedert 2002 en wat u tans geniet. GSP kos slegs R8.33 per dag, dit is uitstaande waarde vir gemoedsrus!
Verhoging van maandelikse fooi
Met die inligting ter agtergrond vertrou ons dat al die inwoners beter insig en waardering het vir dit wat ons bereik het. Dit kom egter teen ‘n prys.
‘n Vehoging tot en met R250 p.m. in die heffing was goedgekeur tydens die AJV in 2010 en sal effektief wees vanaf 1 Maart 2011. Ons bly steeds die mees bekostigbare sekuriteitsarea.
Ons wil die inwoners wat gereeld die heffing betaal bedank vir julle ondersteuning. Sonder julle ondersteuning sou ons nie kon voortgaan nie.
Nuwe GSP Identifikasie
Ons sal in Maart 2011 die nuwe plakkers uitreik wat u asseblief op die voertuig moet vertoon. Alle elektroniese kaarte vir Arthurstraat en die voetgangershekke by Arthur- en Werdstraat moet ingehandig word by die kantoor vir herprogrammering om voortgesette sekuriteit te verseker. Die kantoorure sal verleng word om dit maklik te maak vir inwoners om die nodige reëlings te tref.
Wees trots op ons woongebied. Moet asseblief nie papiere en gemors uit u motors gooi en hou asseblief die sypaadjies netjies en skoon. Swak versorgde sypaadjies verhoog die sekuriteitsrisiko.
Ons wens al ons inwoners ‘n veilige en voorspoedige 2011 toe.
Ray Lamprecht
(GSP Voorsitter)