Garsfontein Nuusbrief Desember 2010
Beste inwoner,
Dit was ‘n interessante jaar! Suid Afrika het ‘n suksesvolle werêldbekker aangebied wat relatief misdaadvry was. GSP het ook ‘n relatiewe goeie jaar gehad. Ons was nie 100% misdaadvry nie, maar die insidente was nie noemenswaardig nie.
Daar is egter ‘n paar sake wat ons onder u aandag wil bring:
Herwinning
Die herwinningsprojek kom tot ‘n einde op die 8ste Desember 2010 en sal weer hervat word op die 5de Januarie 2011. Baie dankie aan elkeen wat die inisiatief ondersteun het. Dit is bemoedigend om elke Woensdag soveel wit sakke op die sypaadjies te sien. Ons ondersoek tans maniere om ons area nog “groener” te maak.
Heksluitings
Neem asseblief kennis dat die volgende hekke vanaf Saterdag 18 December 2010 tot Sondag 2 January 2011 gesluit sal wees.
· Arthur Straat motorhek
· Arthur Straat voetgangerhek
· Werd Straat voetgangerhek
Kersvader
Op versoek van inwoners is daar besluit om vanjaar weer die gholfkar beskikbaar te stel vir die aflewering van geskenke aan kinders op ou Kersaand. Indien u van hierdie diens gebruik wil maak versoek ons asb dat u ‘n SMS stuur voor 20 Desember 2010 na 083 304 9742, met u naam, adres en die woord GESKENK. Geskenke moet op 24 Desember om 12:00 afgegee word by die GSP kantoor.
Nuwe verkeersteken
Die R403 regulasietekens is opgerig by die Arthur-, Hesteleen-, en Adelastraat hekke. Die teken beperk die spoed in die area tot 40 km per uur. Die teken gee voorrang aan voetgangers en kinders.
U word vriendelik versoek om u samewerking te gee. Ons bly in ‘n pragtige woonbuurt en wil graag die veiligheid van die omgewing vir ons eie ontspanning gebruik en geniet.
Die grootste voordeel van hierdie regulasie is egter die feit dat dit die woonbuurt status gee as ‘n toegewysde area waar deurverkeer beperk word. Voetuie met ‘n massa van meer as 3500 kg en/of meer as 10 sitplekke, behalwe munisipale toegang of aflewering kan dus nie GSP as ‘n deurgangroete gebruik nie. Voetuie kan dit ook nie sondermeer as deurgang roete gebruik deur by een punt in te kom en by ‘n ander uit te gaan, indien die rit nie onderbreek word nie.
Kommunikasie
Die GSP kantoor sal oop wees op 23 Desember 2010, maar gesluit op 16 en 30 Desember 2010. Die kantoor sal weer heropen op 6 Januarie 2011. Die kantoornommer 083 304 9742 sal beskikbaar wees gedurende die tyd. As daar ‘n krisis is kan u die noodnommer 076 801 9574 skakel.
Baie dankie vir elke inwoner wat ten spyte van moeilike ekonomiese omstandighede u maandelikse bydraes getrou betaal het. Mag hierdie feesgety vir u ‘n tyd van vrede en rus wees. Ons wil vir almal wat tuisbly in GSP, vrede, veiligheid en wellenwendheid toewens. Vir die wat gaan reis, kom veilig tuis.
Ons wens almal in GSP ‘n geseënde kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe.